Plaasprojek in KwaZulu-Natal kry groot hupstoot
Die Suid-Afrikaanse adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, sal vandag in vennootskap met die MTN SA-stigting, ‘n tjek ter waarde van 500 000 Suid-Afrikaanse rand aan Azowel Plaasprojekte in KwaDukuza, KwaZulu-Natal oorhandig. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê Azowel is gestig deur Welile Gumede, wat ‘n werklose enkelma was en toe haar dogter se onderhoudstoelaag gebruik het om die onderneming te stig.