Plaaslike varkbemarking styg met 57%

Die plaaslike varksektor is volgens die Namibiese Landbou-unie stabiel en vertoon goed, ten spyte van daadwerklike uitdagings. Die unie sê dat sedert die implementering van die Vark Markaandeelbevorderingskema in 2012, is ‘n toename van 57 persent in die sektor aangeteken. Verlede jaar is amper 10 000 meer diere geslag, met ‘n totaal van net minder as 45 000, en tussen Januarie en Oktober vanjaar, is net minder as 37 000 diere bemark. Die skema laat toe dat plaaslike produsente eerste toegang tot die mark kry en bied beskerming vir produsente teen invoere. Die NLU sê die sektor kort beleggings om verder te groei. Die huidige vlakke van produksie voldoen nie aan die plaaslike vraag na varkvleis nie.