Plaaslike tekorte aan slang-teengif wek kommer

Daar is ‘n tekort aan teengif in Suider-Afrika. Volgens die Slange van Namibië-groep is daar geen voorraad by entstofprodusente in Suid-Afrika nie en daar is ook geen aanduiding van die vervaardigers wanneer nuwe voorraad beskikbaar sal wees nie. Nog ‘n uitdaging is dat die vervaardigers in Suid-Afrika ook nie hul Goeie Vervaardigingspermit in plek het nie en selfs al was teengif beskikbaar, sal Namibië dit nie sonder daardie permit kan invoer nie. Ander bronne word tans ondersoek maar, die groep maan dat daar versigtig met die huidige voorraad gewerk moet word. Die publiek word daaraan herinner om nie slange self te probeer hanteer nie en eerder ‘n professionele slangvanger te ontbied.