Plaaslike papier-voorraad onder gedrang na KZN-vloede
Windhoek Stationers het groot kommer oor ‘n moontlike tekort aan papier na die oorstromings in KwaZulu-Natal. Dominic Gresse van die maatskappy sê beskikbare voorraad word eers in Suid-Afrika verkoop en dan kan Namibië voorraad ontvang. Gresse het die probleem so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.