Plaaslike owerhede moet bekwaam, professioneel wees

Die ANC-regering word gevra om plaaslike owerhede te professionaliseer vir doeltreffende dienslewering, om korrupsie uit te roei en vir die verbetering van bedryfsdoeltreffendheid. Die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het vandeesweek dié oproep tot aksie gerig toe sy die plaaslike regerings-oudit-uitkomste voor die parlement se portefeuljekomitee ter tafel gelê het. Maluleke vra ‘n kultuur van behoorlike leierskap, prestasie en institusionele integriteit. Die besturende direkteur van die Municipal IQ-organisasie, Kevin Allan, sê bestendigheid in munisipaliteite is van kardinale belang: