Plaaslike owerhede met eie water moet self kan voorsien, sonder NamWater
James Uerikua, die goewerneur van Otjozondjupa, sê die streekraad het ingestem om ou waterskuld af te skryf maar dat dit geval-spesifiek moet wees omdat sommige entiteite kan bekostig om te betaal. Hy sê verder plaaslike owerhede met toegang tot natuurlike waterbronne moet infrastruktuur versterk om water aan hul gemeenskappe te voorsien. Maar, volgens die goewerneur is die nie regverdig vir NamWater om rekeninge na plaaslike owerhede te stuur terwyl boere gratis water het nie. Owerhede met hulle eie bronne behoort water op daardie manier te kan verskaf.