Plaaslike minerale-verwerking ‘sal effek van minder uitvoere oorskry’

Die regering het ‘n beleid ingestel wat daarop gemik is om plaaslike werkskepping en waardetoevoeging binne die land te bevorder deur die uitvoer van rou minerale te beperk. Terwyl die langtermyndoelwit van die beleid is om ekonomiese groei te stimuleer en meer voordele binne Namibië te behou, het dit tot korttermyn-ontwrigtings gelei. Myne gaar glo grondstowwe op en wag vir die voltooiing van verwerkingsaanlegte wat die uitvoer van verwerkte minerale moontlik sal maak. Intussen het uitvoere van onder andere uraan en koper heelwat afgeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels wat sê die voordele van plaaslike minerale-verwerking sal die effek van verminderde uitvoere oorskry.