Plaaslike huispryse sal styg, daar’s ‘n tekort

Teen die eerste kwartaal van die jaar het gevorderde ekonomieë se reële huisprysindeks, aangepas vir inflasie, tot sowat 132 indekspunte gedaal, vanaf ‘n hoogtepunt van sowat 140 indekspunte vroeg in 2022. Die neiging van toenames wat die huismark vir sowat tien jaar gedefinieer het, het nou omgekeer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zalia Dunn, hoofagent by Hot Property Namibia, wat haar waarneming oor die plaaslike eiendomsmark gee te midde van die behuisingstekort.