Plaaslike brandstofprys behoort in Februarie te daal

Motoriste in Suid-Afrika sal ‘n mate van verligting in Februarie vind, aangesien vroeë data van die Sentrale Energiefonds op ‘n effense daling in brandstofpryse dui. Volgens middel-maand-data van die fonds, gaan pryse vir petrol en diesel in Februarie daal weens stygende internasionale petroleumkoste. Petrolpryse sal na verwagting met soveel as 25 sent per liter daal, terwyl diesel op koers is vir ‘n daling van 50 tot 60 sent per liter. Kosmos 94.1 Nuus het met Namibiese ekonooom Salomo Hei van High Economic Intelligence, gepraat oor sy voorspellings vir brandstofpryse in Namibië vir Februarie, en die goeie nuus is, dit stem ooreen.