Plaaslike agent sê alles word gedoen om beesvleis bestem vir China, te beredder

Die plaaslike agent vir beesvleisverkope aan GPL vir been-in uitvoere na China, Dirk Potgieter, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings met vraghouers vol vleis wat steeds op Walvisbaai staan en wag om uitgevoer te word. Daar is ‘n verdere twee in die hoofstad. Die waarde van die vleis in die 12 vraghouers word op sowat 30 miljoen Namibiese dollar geskat met een produsent wat na wat berig word, 3,5 miljoen dollar se vleis gelewer het. Potgieter sê die Chinese mark is ‘n bestaande mark wat gediens moet word.

GPL is in omstredenheid gehul met Roydon Hartnett, dié Nieu-Seelandse groep se besturende direkteur, wat reeds verskeie beloftes, ook vir ‘n besoek aan Namibië gemaak het. Potgieter sê van die tien vraghouers aan die kus het ‘n paar reeds teruggekom Windhoek toe in ‘n poging om die verkoop van die vleis te beredder. Hy verduidelik.