Pistorius se parool sal fyn dopgehou word – vir nakoming

Die waarnemende bedryfshoof van die Kommisie vir Geslagsgelykheid in die buurland, Dennis Matotoka, sê hy hoop die voorwaardes wat met die paralimpiese atleet Oscar Pistorius se vrylating uit die gevangenis verband hou, sal streng nagevolg word. Die kommissie fokus veral op die program wat met woedebestuur en geweld teen vroue te doen het. Pistorius is verantwoordelik vir die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp in 2013. Sy parool tree op 5 Januarie in werking. Matotoka sê die kommissie gaan die saak fyn dophou om seker te maak die paroolvoorwaardes word nagekom: