Pirates klop Chiefs in opwindende Soweto derby
Sokker: In die mees opwindende Soweto derby in verskeie seisoene, het Monnapule Saleng gister die wendoel aangeteken met Orlando Pirates wat twee keer moes inhaal om Kaizer Chiefs 3-2 te klop. President Cyril Ramaphosa was een van die ondersteuners in die skare van 86 764 op Soccer City in Johannesburg DIt is Pirates se eerste selfde-seisoen dubbele oorwinning oor Chiefs sedert 2008 ,en hulle is nou tweede in die Premierliga, 12 punte agter die verdedigende kampioene Mamelodi Sundowns.