Pigcasso het nou haar eie boek

Pigcasso, die kunssinnige varkie, bekend vir haar abstrakte skilderye in volkleur, is nou die onderwerp van haar eie boek. Die stigter van Oscar’s Arc and Farm Sanctuary SA, Joanne Lefson, is baie opgewonde oor die boek wat van haar reis saam met die buitengewoon kunssinnige varkie vertel. Lefson sê Pigcasso se unieke kunswerke het nie net gehore wêreldwyd geboei nie, maar is ook verkoop en meer as 3 miljoen Suid-Afrikaanse rand is vir die skuiling ingesamel. Haar werke is ook van Kaapstad tot Amsterdam uitgestal. Die boek word einde Oktober gepubliseer.