Pieter-Steph vat speler van die jaar, Rassie loop afrigter toekenning net-net mis
Die Springbokvoorspeler Pieter-Steph du Toit is as die Wêreld Rugbyspeler van die jaar aangewys en hy het die eerste Suid-Afrikaner geword om die toekenning vir ‘n tweede keer te verower. Hy sluit hom aan by Beauden Barrett van Nieu-Zeeland as ‘n dubbele wenner met die All Black grotes, Dan Carter en Richie McCaw wat dit elk drie keer reggekry het. Die afrigter Rassie Erasmus het die Afrigter van die Jaar-toekenning misgeloop wat na Frankryk se Sewes-afrigter, Jérôme Daret gegaan het. Die skrumskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu het die Deurbraakspeler van die Jaar misgeloop wat aan Wallace Sititi van Nieu-Zeeland toegeken is.