Pieper gesels oor plaaslike borsmelkbank

Sedert 2019 bied die Namibië Borsmelkbank ’n veilige ruimte vir skenkermoeders om borsmelk te verskaf aan premature babas of babas onder 1,5kg wie se moeders tydens bevalling gesterf het, in die intensiewe sorgeenheid is of nie genoeg melk kan produseer nie. In die lig van hierdie uitdaging word melk geskenk. In September alleen is meer as 150 bottels borsmelk ingesamel, wat deur moeders by beide staats- en privaathospitale geskenk is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Clarissa Pieper, ‘n pediater en direkteur van die Borsmelkbank, wat die belangrikheid van borsmelk vir premature babas onderstreep.