Piastri spring voor weg in snelren in Brasilië
Motorsport: Oscar Piastri het die voorste wegspringposisie ingepalm vir die snelren by die Brasiliaanse Grand Prix. Hy sê hy sal jaag om te wen, maar gee toe sy spanmaat Lando Norris het die punte meer nodig. Norris is 47 punte agter die driemalige wêreldkampioen Max Verstappen van Red Bull in die stryd om die kampioenskapstitel, met vier wedrennaweke oor in die seisoen. Verstappen is met vyf plekke gestraf vir môre se Grand Prix na nog ‘n nuwe enjin, sy sesde hierdie jaar. Hy het vierde gekwalifiseer agter die McLarenjaers en Charles Leclerc van Ferrari.