Phillip Snyman amptelik Blitsbokke se hoofafrigter

Rugby: SA Rugby het die gewese kaptein van die Springbok Sewes, Phillip Snyman, amptelik aangestel as hoofafrigter van die Blitsbokke tot die Olimpiese Spele in Los Angeles in 2028. Hy het die afgelope ses maande waargeneem. Die Blitsbokke het onder sy leiding die bronsmedalje gewen op die Spele in Parys. SA Rugby se uitvoerende hoof, Rian Oberholzer, sê die manier waarop Snyman die Blitsbokke weer op die wenpad gekry het, spreek boekdele van sy vermoëns as breier.