Phelps, Schmitt vra hervorming van Wada

Swem: Die Olimpiese swem-ikoon Michael Phelps en die viermalige goue-medaljewenner Allison Schmitt het die internasionale agentskap teen verbode middels, Wada, gevra vir hervorming weens sy hantering van die 2021-skandaal oor Chinese swemmers en verbode middels. Hulle het Wada gestriem oor die jongste onthulling oor 23 Chinese swemmers wat positief getoets het vir verbode hartmedikasie. Nie een van is geskors of gestraf nadat Wada China se verduideliking aanvaar het wat die toetsuitslae aan voedselbesmetting toegeskryf het. Phelps en Schmitt sê atlete se vertroue in Wada is geskaad.