Phala Phala-waarheid sal wel uitkom – Steenhuisen

Die Nasionale Vergadering het die DA se mosie verwerp vir die instelling van ‘n ad-hoc-komitee om bewerings van wangedrag teen President Cyril Ramaphosa te ondersoek. Dit hou verband met die diefstal by sy Phala Phala-plaas in Limpopo in 2020. ‘n Totaal van 204 parlementslede teen die mosie gestem, terwyl 135 ten gunste daarvan gestem het. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die waarheid oor Phala Phala sal uitkom, ongeag daarvan hoe hard die ANC probeer om die gety terug te hou: