Phala Phala: Valke het reeds 126 verklarings

Die Direktoraat vir Prioriteits-misdaadondersoeke in die buurland bevestig hy het 126 verklarings van getuies ingesamel in verband met die Phala Phala-ondersoek. Dit is ‘n aansienlike toename vanaf die 46 wat verlede Augustus aangeteken is. Die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, sê die Valke sal geen steen onaangeroer laat nie terwyl ondersoeke voortduur. Hy sê daar is geen aanduiding wanneer die owerhede die ondersoek sal afhandel nie: