Phala Phala-inligting dalk nie voldoende vir Cyril se kwytskelding nie

President Cyril Ramaphosa se aanspreeklikheid oor Phala Phala bly in die nuus. ‘n Regskenner, Benedict Phiri, het te kenne gegee die Openbare Beskermer se uitgelekte tussentydse verslag oor Phala Phala kan moontlik onreëlmatighede bevat. Die voorlopige bevindings het Ramaphosa vrygespreek van enige oortreding in die plaasdiefstal-skandaal. Phiri beklemtoon die uitgelekte weergawe is nie noodwendig die finale verslag nie. Hy sê die inligting wat verskaf is, is dalk nie voldoende om Ramaphosa se onskuld heeltemal te bewys nie: