Phala Phala: Imanuwela David en Floriana Joseph verskyn in Bela Bela
Die twee Namibiërs Imanuwela David en Floriana Joseph het pas in Bela Bela se landdroshof verskyn op klagtes van die Februarie 2020 rooftog by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas. Hulle sal weer Vrydag verskyn vir ‘n formele borgaansoek. Joseph was blykbaar die werker op die plaas wat verwant is aan David en hom van die kontant wat in die rusbank versteek was ingelig het. Media24 het in Julie verlede jaar die opname van David, waar hy die roof beken, gepubliseer.
Die Valke het bevestig hulle soek ‘n derde voortvlugtige in die saak. Daar is aanvanklik vyf mense, almal Namibiërs, met die roof verbind.