Phala Phala: EFF wend hom aan Konstitusionele Hof

Die Konstitusionele Hof hoor op 26 November die EFF se aansoek aan om die Parlement se besluit om president Cyril Ramaphosa nie na ʼn ampsklagkomitee te verwys nie, te verwerp. Dit hou verband met die Phala Phala-skandaal. In 2022 het die ANC sy meerderheid in die Nasionale Vergadering gebruik om ʼn mosie vir ʼn ampsklagondersoek teen Ramaphosa te kelder. Dit ten spyte van ʼn onafhanklike paneel se bevinding dat Ramaphosa wel antwoorde moet verskaf oor die diefstal van buitelandse geld op sy plaas in Limpopo. Die EFF sê die Parlement se verwerping van die paneel se verslag was irrasioneel.