Phala Phala-drie verskyn weer

Die drie beskuldigdes in die vermeende diefstal van miljoene in buitelandse valuta op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in 2020, sal in die Modimolle-streekshof in Limpopo vir ʼn voorverhoorkonferensie verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van sameswering om in te breek met die doel om te steel, diefstal en geldwassery. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Ramaphosa verlede jaar ná sy ondersoek na die diefstal, onthef van enige verkeerde optrede.