Phala Phala betaal gesteelde R8m terug aan buffelkoper

President Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo, Phala Phala, is na wat berig word besig met ‘n terugbetaling van nagenoeg 8 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Sudanese sakeman Hazim Mustafa, wat in 2019 in ‘n buffeltransaksie betaal het. Dit was die dollarnote wat na bewering deur Namibiërs gesteel is waar dit in ‘n rusbank weggesteek was. Daar is later gesê die buffels was nie goeie teeldiere nie, terwyl die Inkomstediens geen rekord kon vind dat Mustafa die kontant verklaar het toe hy die land ingekom het nie. Ramaphosa het ontken die skandaal het hom ernstig laat oorweeg om te bedank.