Phaahla teleurgesteld in Nehawu

Die buurland se gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê hy is teleurgesteld deur die vakbond Nehawu se verklaring dat hy sy staking gaan verskerp. Staatsdienswerkers eis ‘n salarisverhoging van 10-persent terwyl die regering 4,7-persent aanbied. Die minister het weer ‘n beroep gedoen op vreedsame en niegewelddadige optrede en dat niestakende gesondheidswerkers toegelaat word om hulle grondwetlike reg om te gaan werk uitoefen sonder intimidasie of viktimisasie. Phaahla besoek vandag die Thelle Mogoerane-streekshospitaal in Ekurhuleni om die uitwerking van die staking te bepaal.