Phaahla sê Nehawu-staking is vernietigend

Die buurland se gesondheidsminister, Joe Phaahla, het ‘n beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, gedoen om pasiënte en gesondheidsinstellings te beskerm. Dit volg nadat die gesondheidswerkersvakbond Nehawu se staking gewelddadig geraak het. Hy het die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg besoek om die uitwerking van die staking te assesseer. Bedrywighede hy die hospitaal het tot stilstand gekom en pasiënte is weggewys omdat daar geen personeel beskikbaar was om hulle te help nie. Phaahla sê die uitwerking van die staking op gesondheidsfasiliteite is vernietigend: