Phaahla besoek tydelike kliniek in Hammanskraal

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid sê die oprigting van ‘n tydelik kliniek in Kanana in Hammanskraal noord van Pretoria, is besig om vrugte af te werp. Die woordvoerder, Foster Mohale sê die aantal moontlike cholera-gevalle neem daagliks in Hammanskraal toe en sterfgevalle het tot 24 gestyg. Hy sê in Kanana is daar geen mediese geriewe nie en die departement het daarom besluit om in te gryp en die kliniek daar op te rig. Die gesondheidsminister Joe Phaahla het die tydelike kliniek Saterdag besoek. Intussen het die department van water en sanitasie inwoners die versekering gegee dat water uit tenkwaens veilig is om te drink.