PG se kantoor het meer fondse nodig, dringend
Tekorte aan befondsing kom regoor die regering voor maar, in die regstelsel beïnvloed dit die regte van beskuldigdes en lei tot vertragings. Die tekort aan staatsaanklaers en navorsingsassistente belemmer die werksaamhede van die aanklaer-generaal se kantoor. Die adjunk-aanklaer-generaal Edmund Marondedze sê dit lei tot erge vertragings in veral sake wat verband hou met geldwassery en terrorisme. Volgens Marondedze het die aanklaer-general se kantoor geen webwerf, persoonlike assistente, navorsingsassistente of ‘n skakelbeampte nie. Advokate word genoodsaak om hul eie narvorsing te doen, hulle eie stukke op te tik, en moet soms hul eie kantore skoonmaak.