Pfizer oor enstof vir Omikron variantNovember 28, 2021

Pfizer sê intussen hy is in staat om ‘n bygewerkte weergawe van die Covid-19-entstof
binne 100 dae te vervaardig as daar bevind word dat die nuwe Omikron-variant
weerstandig teen sy huidige entstof is. Na Omikron in Suid-Afrika ontdek is, het dit na
lande soos Botswana, Israel, België en Hongkong versprei. Twee gevalle van die
variant is ook in die Verenigde Koninkryk opgespoor. Die Britse gesondheidsminister ,
Sajid Javid, sê die gevalle word verbind met reisigers in Suider-Afrika.  Albei pasiënte
en hulle families is in selfafsondering.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *