Pfizer het SA geboelie tydens verkryging

Die Instituut vir Mediese Geregtigheid sê dis duidelik groot farmaseutiese maatskappye sal gesondheids-noodsituasies uitbuit om regerings te dwing om onredelike ooreenkomste te aanvaar om lewensreddende medisyne te bekom. Die instituut het sy tweede verslag bekendgemaak oor die Gesondheidsdepartement se voorheen geheime Covid-19-ooreenkomste. Die drukgroep sê volgens die dokumente het die regering sonder welslae teëgeskop teen baie voorwaardes wat Pfizer gestel het. Die instituut sê Suid-Afrika is uiteindelik gedwing om ʼn premie te betaal en die risiko te loop van vertragings of skade.