Petroleumkommissaris sal Angola Olie- en Gaskonferensie toespreek
Die Namibiese Petroleum-kommissaris in die ministerie van myne en energie, Maggy Shino, sal ‘n spreker by die Angola Olie- en Gaskonferensie wees. Die konferensie en uitstalling vind van 13 tot 14 September in Luanda plaasvind, en bied ‘n platform waar Namibië en Angola bilaterale samewerking op die gebied van energie kan versterk. Minister Tom Alweendo sal as die hoofspreker optree. Namibië het die afgelope twee jaar ‘n vloedgolf van energie-ontwikkelings gehad. Vyf olie- en gas-ontdekkings is deur die internasionale energie-reuse Shell, TotalEnergies en Qatar Energy gemaak, terwyl Hyphen Hydrogen Energy die bekendstelling van die land se eerste groenwaterstof-projek aangekondig het. Angola het by die pas afgelope Namibiese Olie- en Gaskonferensie sy hulp en kundigheid in die oliebedryf aan Namibië aangebied.