Petrol-tekorte veroorsaak chaos in Nigerië
Choas heers in groot stede regoor Nigerië terwyl mense ure lank toustaan in die hoop om brandstof te koop. Terwyl die land met sy jongste tekort sukkel, het die brandstofprys die hoogte ingeskiet, wat meer swaarkry veroorsaak vir miljoene wat reeds met die lewenskostekrisis sukkel. Petrol word ook wyd gebruik om kragopwekkers vir huishoudings en klein besighede aan te dryf en die huidige tekort weeg swaar op die reeds sukkelende ekonomie. Petroleumbemarkers sê dit sal tot twee weke neem vir die situasie om te normaliseer, terwyl die staatsoliemaatskappy beweer hy het genoeg voorraad om in die behoeftes van die mense om te sien.