Petrobras soek vennoot vir 40% van Mopane-blok

Die Brasiliaanse staatsbeheerde oliemaatskappy Petrobras gaan ten minste een vennoot insluit by sy bod vir ‘n 40 persent-belang in Galp Energia se Mopane-olie-ontdekking in die Oranje-bekken. Reuters berig die maatskappy poog om sy reserwes uit te brei te midde van uitdagings om eksplorasie in Brasilië te bevorder as gevolg van struikelblokke met omgewingslisensies. Petrobras se direkteur van eksplorasie en produksie, Sylvia dos Anjos, het die maatskappy se nie-bindende aanbod aangekondig om die operateur van die Mopane-blok aan Namibië se kus te word. Die presiese verhouding van die 40 persent-belang wat Petrobras beoog om te verkry, is nie bekend gemaak nie.