Petrobas wil Galp-aandele vir Nam bekom

Brasilië se staatsbeheerde oliefirma Petrobras het ‘n nie-bindende aanbod gemaak om ‘n groot belang in Galp Energia te bekom na die maatskappy se groot olie-ontdekking in die Oranje-bekken. As dit aanvaar word, sal die bod Petrobras die operateur van die Mopane-olie-en-gasveld maak, wat ‘n geraamde 10 miljard vate olie-ekwivalent het. Petrobras sê hy is die beste diepwateroperateur en as Galp hom nie kies nie is dit sy verlies. Petrobras soek geleenthede in die buiteland weens probleme om omgewingslisensies te kry om nuwe gebiede in Brasilië te verken.