Petro SA het oplossing vir kragkrisis

Petro SA se waarnemende uitvoerende hoof, Sandi Ncemane, sê Suid-Afrika se gas-tot-vloeistof-projek kan dalk die land se kragkrisis oplos. Eskom verloor steeds miljoene weens die koste van diesel vir noodkrag-opwekking. Ncemane het op die kantlyn van die BRICS-beraad in Johannesburg gesê die uitgebreide BRICS kan Suid-Afrika help om sy energiekrisis op te los. Ncemane sê olie en gas word beskou as die wêreldwye energiemengsel vir die afsienbare toekoms en omhels boonop regverdige energie-oorgang.