Petisie teen kragtarief-verhogings

‘n Petisie wat deur Shaun Gariseb opgetrek is eis dat die lynminister, Tom Alweendo, die goedgekeurde nuwe kragtariewe hersien. Die Elektrisiteitsbeheerraad het die week nuwe tariewe goedgekeur met verhogings van 6 en 8 persent aan verskeie kragverspreiders, dit na NamPower 8 persent vroeër die jaar ontvang het. Dit beteken minder as 40 eenhede vir ‘n 100 Namibiese dollar. Daar is net meer as 2 200 handtekeninge tot dusver. Die petisie is beskikbaar op change.org.