Petisie stel eise aan GRN oor gay-huwlike
Die sogenaamde WhatsApp-groep teen gay-huwelike, wat gestig is in antwoord op die hooggeregshof se belissing die week, het ‘n aanlyn petisie opgetrek. Die administrateur van die groep vra alle lede om die petisie te onderteken en te deel met familie en vriende wat so gesind is. Die petisie eis dat die regering wetgewing instel wat gay-huwelike en praktyke in Namibië verbied. Dit dien om die uitspraak van die hooggeregshof wat die erkenning van die huwelike in Namibië afdwing, te verwerp. Volgens die administrateur, dien dit ‘n eis in aan die regering om wette in te stel wat befondsing verbied wat LGBTQ-praktyke in Namibië bevorder. Dit sal Maandag oorhandig word tydens ‘n vreedsame betoging waarvan die besonderhede Sondagaand bekend gemaak sal word. Die WhatsApp-groep groei vinnig en bevat hooggeplaasde lede van die regering insluitend ministers, goewerneurs, polisielede en sakelui.