Persvryheid is belangrike waghond vir demokrasie, vryheid
Die wêreld gedenk vandag Wêreld-persvryheidsdag onder die tema “Shaping a Future of Rights – Freedom of expression as a driver for all other human rights“. Onder hierdie jaar se tema word feite-verifiëring as ‘n noodsaaklike komponent beskou. Veteraan joernalis Gwen Lister sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom dit uiters belangrik is om hierdie dag, veral in Afrika, te herdenk.