Persraad skop Independent Media uit

Die Persraad het Independent Media uitgeskop omdat hulle weier om aan beslissings te voldoen, insluitend die terugtrek van ‘n rubriek wat die joernalis, Karyn Maughan, met ‘n Nazi-propagandis vergelyk. Ten spyte van ‘n opdrag om verskoning te vra, het die groep aan die Raad onttrek. Voorsitter, regter Fritz Brand, sê die verset is onaanvaarbaar. Adjunkvoorsitter, Amina Frense, het aan Newzroom Afrika gesê die Raad bly onafhanklik en deursigtig.