Perez gaan glo nie meer vir Red Bull jaag nie
Motorsport: Die Mexikaan Sergio Perez gaan volgens berigte sy bestuurdersposisie by Red Bull verloor ná die komende naweek se laaste Grand Prix van die seisoen in Abu Dhabi. Die 34-jarige het slegs 152 van Red Bull se 581 vervaardigerspunte aangeteken en is 227 punte agter die wêreldkampioen, Max Verstappen. Die kontrakverlenging wat Perez in Junie onderteken het, beteken dat hy nie summier afgedank kan word nie, maar hy kan na ‘n ambassadeursposisie verskuif word. Die Red Bull-renjaers Yuki Tsunoda en Liam Lawson is die voorste kandidate om hom te vervang.