Perenara verlore vir All Blacks
Rugby: Skrumskakel TJ Perenara is volgende jaar verlore vir die All Blacks nadat hy ‘n kontrak van drie jaar met die Japannese klub, Black Rams Tokyo, gesluit het. Die 32-jarige het sy eerste van 81 toetse in 2014 gespeel en sedert 2012 ook 163 keer vir die Hurricanes. Hy het 327 punte aangeteken. Volgens die reël van Nieu-Seelandse Rugby mag slegs spelers wat vir plaaslike klubs speel die All Blacks verteenwoordig. Perenara sal steeds vir sy land speel in die Rugbykampioenskap wat volgende naweek teen Argentinië in Wellington begin.