Penne-neersit partytjies kry teenstand

Die Oos-Kaapse Drankraad veroordeel plakkate op sosiale media-platforms wat Penne-neersit-partytjies aan die einde van die eindeksamen bemark. Talle grade sal binnekort hul eksamen voltooi en daar is ‘n groeiende vrees regoor die provinsie omdat sommige leerders dalk hierdie partytjies reël. Die raad se woordvoerder, Mgwebi Msiya, doen ‘n beroep op gemeenskappe om gedurende hierdie tyd uiters waaksaam te wees en om alles moontlik te doen om ‘n stokkie voor hierdie partytjies te steek.