Pence soek federale wet rakende aborsie

Agt Republikeinse kandidate het sonder Donald Trump in Milwaukee, Wisconsin debat gevoer. Verskeie kwessies het onder die loep gekom waaronder ook die uiters omstrede kwessie van aborsie in die VSA. Die voormalige vise-president Mike Pence het sy standpunt oor aborsie duidelik gestel en meen dit behoort nie by deelstate te berus nie maar is ‘n federale kwessie.