Pence sê hy kan nie Trump verdedig in dokumente-saak nie

Amerika se gewese visepresident Mike Pence sê hy kan nie die ernstige bewerings teen oudpresident Donald Trump verdedig nie. Trump het onskuldig gepleit op al 37 aanklagte oor sy beweerde verkeerde hantering van geklassifiseerde dokumente. Trump is die heel eerste Amerikaanse president met federale strafregtelike klagte teen hom. Pence, wat vier jaar lank Trump se adjunk in die Withuis was, sê hy sal nooit die belangrikheid om die nasie se geheime te beskerm, onderbeklemtoon nie: