Pence sê geskiedenis sal Trump aanspreeklik hou

Voormalige Amerikaanse visepresident Mike Pence het sy kragtigste teregwysing tot nou toe teen sy voormalige baas Donald Trump uitgespreek en sê die geskiedenis sal hom aanspreeklik hou vir sy rol in die aanval op 6 Januarie op die Amerikaanse hoofstad. Pence was in die Capitol toe duisende Trump-ondersteuners die gebou binnegedring het in ‘n poging om die Kongres te keer om die uitslag van die presidensiële verkiesing in 2020, wat Trump teen Joe Biden verloor het, te sertifiseer. Hulle wou Pence ook hang nadat Trump hom as ‘n lafaard beskryf het. Hy het by ‘n dinee in Washington gepraat en sê Trump was verkeerd. Hy voeg by dat hy geen reg gehad om die verkiesing om te keer nie, en Trump se roekelose woorde het sy familie en almal by die Capitol daardie dag in gevaar gestel.