Pels van luiaard-diere kan mikrobes bevat wat super-infeksies kan beveg
Die pels van Costa Ricaanse luiaard-diere bevat blykbaar bakterieë wat antibiotika vervaardig. Wetenskaplikes hoop dit kan ‘n oplossing bied vir die groeiende probleem van “super-infeksies” wat bestand is teen die mensdom se kwynende arsenaal van medisyne. Die pels van die diere huisves groot bevolkings van insekte, alge, swamme en bakterieë, onder ander mikrobes wat ook teenwoordig is en kenners sê dit blyk dat die dier verbasend infeksiebestand is.