Pelosi betwyfel ook Biden se herkiesingskanse

Nog ‘n vooraanstaande Demokraat twyfel oor die Amerikaanse president, Joe Biden, se kans om herkies te word. Die voormalige speaker van die Huis van Verteenwoordigers, Nancy Pelosi, het Biden volgens berigte privaat ingelig meningspeilings toon hy sal Donald Trump nie in November se verkiesing kan verslaan nie. Sy sê hy kan die party se kanse vernietig om te wen. Biden het blykbaar geantwoord hy het meningspeilings gesien wat aandui hy kan wen. Pelosi het in ‘n onlangse onderhoud gesê Biden moet spoedig besluit of hy gaan staan, want die tyd raak min.