Pelican Point-walvis lyk siek, sal waarskynlik sterf

‘n Vinwalvis het tydens laagwater by Pelican Point in Walvisbaai gestrand. Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, sê hierdie soort voorval vind gereeld plaas. Lede van die publiek probeer hulp vir die walvis mobiliseer maar daar is min wat gedoen kan word om dit te red. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dreyer, wat sê dit lyk of die walvis siek is.