Peiling toon groot kommer oor ‘AI’ in VSA
Die vinnige groei van kunsmatige intelligensie-tegnologie kan die toekoms van die mensdom in gevaar stel. Dit is volgens die meerderheid Amerikaners wat aan ‘n Reuters/Ipsos-peiling deelgeneem het. Die peiling het bevind dat die aantal Amerikaners wat nadelige uitkomste daarvan voorsien, driedubbel die getal is van diegene wat dit nie sien nie. Volgens die data glo 61 persent van die respondente dat dit risiko’s vir die mensdom inhou, terwyl slegs 22 persent nie saamgestem het nie, en 17 persent onseker is. Diegene wat in 2020 vir Donald Trump gestem het, het hoër vlakke van kommer uitgespreek; 70 persent van Trump-kiesers in vergelyking met 60 persent van Joe Biden-kiesers het saamgestem dat kunsmatige intelligensie die mensdom kan bedreig.